Ons Kampterrein

Waar is die kampterrein geleë?
Ons kampterrein is ongeveer 8 kilometer buite die dorp aan die oewer van die Pongola rivier.




Wat maak die kampterrein so besonders?
Die Pongola rivier is die enigste rivier in Suid Afrika waar jy tiervis kry.  Ons spog ook met 'n groot verskeidenheid voëlsoorte. Ons is geleë tussen suikerriet lande en wildsplase. As jy in die natuur wil wees is dit net die plek vir jou.

Wat van die kampgeriewe?
Die kampterrein het vier slaap lokale wat ongeveer 70 mense kan huisves.  Daar is ook voldoende ablusie geriewe. Daar is ook vier slaapkwartiere (2 enkel beddens in elk) vir kampouers met hulle eie ablusie geriewe.

Die kampterrein beskik oor elektrisiteit. Daar is ook 'n groot saal en 'n kombuis met gas en elektriese geriewe.

Die kampterrein self het pragtige skadu bome en oor as genoeg speel en hardloop plek.  Daar is ook geriewe vir kampvuur en braai.

Die kampterrein word verhuur vir kampe sowel as ander funksies soos troues. Alle besonderhede en kostes is by die Kerkkanttor beskikbaar 079 694 9000.