Wat gebeur
Ons vaste weekprogram
WELKOM BY
In Christus groei en dien elkeen
’n Gemeente wat God aanbid, mense liefhet en ’n verskil maak in Pongola en verder.
Ons vaste weekprogram
Die jongste preek van NG Kerk Pongola.
Kyk na meer preke →
Ongeveer 8 km buite Pongola aan die Pongola-rivier, met verblyf vir ongeveer 80 mense, ’n groot saal, kombuis, ablusiegeriewe en braai- en kampvuurgeriewe.
Ontdek die kampterrein →ONS GEMEENTE
Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Pongola. Ons groei en dien in Christus deur aanbidding, sorg, getuienis, toerusting en bestuur.
Ons embleem herinner ons aan die Drie-eenheid, die kruisiging en opstanding van Jesus Christus, die Koningskap van Christus en lewe uit die dood.
PRAKTIESE INLIGTING
Kontak die kerkkantoor minstens 3 maande voor die beoogde huweliksdatum.
Registreer asseblief 4 weke voor die beoogde doopdatum by die kerkkantoor.
U kan 'n Elektroniese bydrae maak: NG Kerk Pongola, ABSA, Tjek, 3210140777 of U kan 'n bydrae maak deur op die Snapscan skakel te klik

ONS KAMPTERREIN
Die kampterrein is ongeveer 8 kilometer buite die dorp aan die oewer van die Pongola-rivier. Die omgewing is ideaal vir natuur- en groepsaktiwiteite, met skadubome, speelruimte, kampvuur- en braaigeriewe.
Die terrein beskik oor 'n Solar stelsel wat voldoende is vir gewone gebruik. Daar is egter ook 'n kragopwekker wat teen ekstra kostes gebruik kan word. Ons kampterrein het 'n groot saal, kombuis met 'n inloop yskas en is verder toegerus met gastoestelle. Daar is voldoende ablusie en stort geriewe. Ons terrein is beskikbaar vir kampe en ander funksies soos troues.
Navraag oor die kampterrein →Welkom
Ons is baie bly om julle by NG Kerk Pongola te verwelkom.
Vul die Nuwe Intrekkers-vorm in →Kontak