Christelike Maatskaplike Diens

Maatskaplike Werker:  
Heleen Botha

CMD Kantoor:
Dr Jansen straat 221
Posbus 285
Pongola
3170 
Kontak besonderhede:
Telefoon:    +2779 694 9000
Sel nommer: +2782 735 0510
E-pos:       cmd@ngpongola.co.za


Kantoor ure:
Maandag tot Vrydag:   08:00-13:00

Wie en wat is die CMD?
Die CMD Pongola (Christelike Maatskaplike Dienste) is ‘n geregistreerde nie-winsgewende welsynsorganisasie van die NG Kerk wat maatskaplike werk-dienste lewer aan individue en gesinne in Pongola en Mpafeni.  Dienste word gelewer aan alle individue ongeag hulle kerkverband, geslag, ras of sosiale status.

Watter tipe dienste lewer die CMD?
Die CMD lewer die volgende dienste:
            - Terapeutiese dienste aan ‘n individu of gesin rakende ‘n bepaalde behoefte
               of probleem.  ‘n Groot persentasie van die maatskaplike werker se tyd word
               hieraan bestee omdat dié dienste terapeuties en voorkomend is.
            - Groepwerk is daarop gemik om persone of individue wat dieselfde probleme
              of behoeftes het in ‘n ondersteuningsgroep saam te kry
            - Die CMD as deel van die NG Kerk se uitreik na die gemeenskap, neem
               leiding en is ook betrokke by verskeie gemeenskaps- en omgeeprojekte.  
            - Ouerskapplanne wanneer ouers skei in samewerking van of vir prokureers.  


CMD / NGKerk Projekte:
1.         Kos- en klere projek

2.         Kinderprojek
Die CMD asook die Pongola kinders Omgeegroep (een van die NG Kerk se Bybelstudiegroepe)  reik maandeliks uit na behoeftige kinders in die gemeenskap en spesifiek ook kinders van Pongola Akademie Skool om te voorsien in spesifieke behoeftes wat daardie kinders ervaar. 

Verder reik die Kinderhuisomgeegroep uit na Kinderhuise om ook in hierdie kinders se behoeftes te voorsien.  

3.         Bejaardes
Silwerjare byeenkomste word vir bejaardes in Pongola gehou.