Algemene Inligting

 

Eredienste

  

Pongola:
09:00 Elke Sondag

Magudu:
08:00 Sien Kalender vir datums

Pongola:
15:00 Elke Donderdag—Zulu Erediens




Jeug




Kinderkerk:    
Sondae 09:00 in die Kerksaal

Kategese:
Sondae 10:00

Volg voete (Graad 4-7):
Woensdae. Sien Kalender vir datums





 
As jy wil trou



Kontak asseblief die Kerkkantoor ten minste 3 maande voor die beoogde huweliksdatum sodat jy al die nodige inligting en vorms kan kry. Indien u klaar die vorms ingevul het, kan u die Predikant kontak (sien by Kontak Ons) vir 'n huweliksgesprek.  By hierdie geleentheid moet u asseblief ook die volgende bring:
* Die inligtingsvorms wat u by die Kerkkantoor gekry het (Ingevul)
* 4 x ID Fotos van die bruidegom
* 4 x ID Fotos van die bruid
* Afskrifte van ID's van beide die bruidegom en die bruid
* Afskrifte van enige doodsertifikate en/of egskeidingsbevele indien van toepassing
* Afskrifte van ID's van beide die persone wat as getuies gaan teken
* ID verifikasie van beide die bruidegom en die bruid - kry dit by Binnelandse Sake 
* Brief van prokureer in verband met u huwelikskontrak
* Daar sal ook vingerafdrukke van u geneem word



 
As jy jou kind wil laat doop  



Registreer asseblief die doop 4 weke voor die beoogde datum by die Kerkkantoor.  Die Kerkkantoor sal al die nodige inligting dan aan u deurgee.  Ons probeer so ver as moontlik die doop van kindertjies op die eerste Sondag van elke maand doen.



 

Hoe kan ek my dankoffer gee?

Jy kan jou dankoffer op verskeie maniere gee:


Plaas jou dankofferkoevert Sondag in die offergawebordjie of gee dit by die Kantoor af. 


Jy kan ook 'n debietorder magtiging teken.  Trek gerus die Debietorder Magtiging af, vul dit in en stuur aan die Kerkkantoor: “Debietorder”.  Hierdie bly maar die maklikste manier.

Jy kan dit ook maandeliks per aftrekorder of elektronies oorbetaal.  Skryf asseblief net u naam en van as verwysing in.  

Bankbesonderhede:
NG Kerk Pongola
ABSA Pongola
Rekening nr: 32 10 140 777

Of betaal met Snapscan.  Laai die App af, scan die blokkie, tik die bedrag in wat jy graag wil gee en betaal jou bydrae direk aan die Kerk: