NG Kerk Pongola
NG Kerk Pongola kerk-embleem

WELKOM BY

NG Kerk Pongola

In Christus groei en dien elkeen

’n Gemeente wat God aanbid, mense liefhet en ’n verskil maak in Pongola en verder.

♰AanbiddingOns eer God
●●SorgOns gee om
◒GetuienisOns leef ons geloof
▢ToerustingOns groei saam
◎BestuurOns gebruik wat God gee
▣

Wat gebeur

Ons vaste weekprogram

Sondag
08:00Magudu Erediens (Sien kalender vir datums)
09:00Pongola Erediens
09:00Kinderkerk in die saal
10:00Kategese
10:00Koffie en tee onder die afdak
Maandag
05:30Manne Bybelstudie
07:30Dames Bybelstudie
09:00Dames Bybelstudie
13:45Bybelstudie vir Onderwysers
Woensdag
14:00Volgvoete Gr. 4–7 (Sien kalender vir datums)
Donderdag
09:00Bybelstudie vir Bejaardes
⌂

Ons Kampterrein

NG Kerk Pongola kampterrein

’n Plek vir geloof, gemeenskap en rus.

Ongeveer 8 km buite Pongola aan die Pongola-rivier, met verblyf vir ongeveer 80 mense, ’n groot saal, kombuis, ablusiegeriewe en braai- en kampvuurgeriewe.

Ontdek die kampterrein →

ONS GEMEENTE

In Christus groei en dien elkeen

Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Pongola. Ons groei en dien in Christus deur aanbidding, sorg, getuienis, toerusting en bestuur.

Ons embleem herinner ons aan die Drie-eenheid, die kruisiging en opstanding van Jesus Christus, die Koningskap van Christus en lewe uit die dood.

01Aanbidding
02Sorg
03Getuienis
04Toerusting
05Bestuur

PRAKTIESE INLIGTING

Belangrike inligting vir ons gemeente

Huwelik

Kontak die kerkkantoor minstens 3 maande voor die beoogde huweliksdatum.

Doop

Registreer asseblief 4 weke voor die beoogde doopdatum by die kerkkantoor.

Dankoffer

U kan 'n Elektroniese bydrae maak: NG Kerk Pongola, ABSA, Tjek, 3210140777 of U kan 'n bydrae maak deur op die Snapscan skakel te klik

Kampterrein langs die Pongola-rivier

ONS KAMPTERREIN

’n Plek vir geloof, gemeenskap en rus

Die kampterrein is ongeveer 8 kilometer buite die dorp aan die oewer van die Pongola-rivier. Die omgewing is ideaal vir natuur- en groepsaktiwiteite, met skadubome, speelruimte, kampvuur- en braaigeriewe.

±80 mense7 slaaplokale4 personeelkamers8 km buite Pongola

Die terrein beskik oor 'n Solar stelsel wat voldoende is vir gewone gebruik. Daar is egter ook 'n kragopwekker wat teen ekstra kostes gebruik kan word. Ons kampterrein het 'n groot saal, kombuis met 'n inloop yskas en is verder toegerus met gastoestelle. Daar is voldoende ablusie en stort geriewe. Ons terrein is beskikbaar vir kampe en ander funksies soos troues.

Navraag oor die kampterrein →

Welkom

Nuwe Intrekkers

Ons is baie bly om julle by NG Kerk Pongola te verwelkom.

Vul die Nuwe Intrekkers-vorm in →

Kom ons bid saam

Het jy ’n gebedsversoek? Ons bid graag saam.

Stuur ’n gebedsversoek

Gee

Maak 'n Bydrae

Ondersteun die bediening en werk van NG Kerk Pongola.

Maak 'n Bydrae
SnapScan – Maak 'n Bydrae

Kontak

Kontak ons

Kerkkantoor en Maatskaplike Werker

079 694 9000

ng@ngpongola.co.za

Koster - Johan Pienaar

082 643 7382